DA-optog teen ELM-korrupsie in VDBP
Motoriste en inwoners in die omgewing moet bedag wees op moontlike verkeersvertragings terwyl die optog plaasvind.
VANDERBIJLPARK – Die Demokratiese Alliansie (DA) hou vanoggend om 10:30 ’n optog teen beweerde korrupsie by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.
Die optog word gelei deur Kingsol Chabalala, die DA se burgemeesterskandidaat vir Emfuleni en ’n lid van die Gautengse wetgewer. Inwoners en aktiviste sal na verwagting by die optog aansluit.
Die optog begin in Frikkie Meyer-boulevard in Vanderbijlpark CE 3 en eindig op die hoek van Klasie Havenga- en Frikkie Meyer-boulevard.
Die DA beoog om aan die einde van die optog ’n memorandum met kwessies van openbare belang aan die betrokke owerhede te oorhandig. Die party eis dat die munisipaliteit op die sake reageer en aanspreeklikheid aanvaar.
Motoriste en inwoners in die omgewing moet bedag wees op moontlike verkeersvertragings terwyl die optog plaasvind.
