Voormalige Valie hou SA se naam hoog by Miss Global
Chanel Rautenbach was onder die Top 12 finaliste by die Miss Grand kompetisie wat in Thailand plaasgevind het.
SASOLBURG – ʼn Voormalige leerling van Afrikaanse Hoërskool Sasolburg, Chanel Rautenbach het gister geskitter by die Miss Global kompetisie wat in Thailand, gehou is.
Sy was een van die Top 12 finaliste uit 74 jong dames wat van regoor die wêreld hul lande verteenwoordig het.

Wanneer Chanel iets wil bereik, werk sy daarvoor. “ʼn Mens lewe net een keer en ek glo jy moet jou kanse gebruik,” beduie sy. Die pageant-gogga het haar in 2019 gebyt toe sy aan die Miss Teen Vaal kompetisie deelgeneem het en tot tweede prinses gekroon is.
Haar liefde vir modeontwerp het sy al van kleinsaf. “Ek het altyd my ma se materiaal gevat en dit om my gedrapeer en in die bome geklim,” lag sy vrolik. Sy het dan ook haar eie matriekafskeidsrok ontwerp in 2022.
In 2024 was sy ʼn finalis in die Miss Grande 2024-kompetisie en hierdie jaar is sy as Miss Grande SA gekroon. Dit was vir haar ʼn besonderse twee weke in Thailand. Sy het 9 Oktober ook haar 22ste verjaarsdag in die mooi land gevier.
Niemand kan trotser wees op haar as haar voormalige dramadosent, Franciska van der Merwe nie. Chanel was op skool deel van die Akademie vir Dramakuns (ADK). “Sy het dramaklas by my geneem as tiener en haar selfvertroue is nou ongelooflik,” vertel Franciska.

Volgens Chanel is dit selfvertroue en die liefde vir die kunste wat jou slyp vir enige iets in die lewe. Na skool het sy modeontwerp gestudeer. Haar liefde vir modeontwerp kom al van kleinsaf. “Ek het altyd my ma se materiaal gevat en dit om my gedrapeer en in die bome geklim,” lag sy vrolik. Sy het dan ook haar eie matriekafskeidsrok ontwerp in 2022.
