News

Vaal-bruide genooi om gratis deel te neem

Vaalweekblad wil graag met die Vaal se nuwe bruide in Vaalweekblad en op ons webtuiste spog.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.


Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by [email protected] stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.


Hier is van die nuutste inskrywings.

Ruan en Serah-Mari Mouton van Vanderbijlpark is op 26 September getroud.
Melisa en Nikita Van der Walt van Deneysville is op 26 September getroud.
Jessica en Jason Joubert van Meyerton is op 12 September getroud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: [email protected]
Back to top button