News

Onderwyser ontslaan ná ELRC-arbitrasie

Met onmiddellike effek uit die onderwys ontslaan.

VAALDRIEHOEK – ‘n Onderwyser by ’n laerskool in die Vaaldriehoek is met onmiddellike effek uit die onderwys ontslaan nadat ’n arbiter hom skuldig bevind het aan twee klagte van wangedrag wat verband hou met onvanpaste fisieke kontak met leerders.

Die Onderwysarbeidsverhoudinge-raad (ELRC) se arbitrasietoekenning wat op 23 September 2026 gelewer is, bepaal dat die onderwyser aan albei klagte skuldig is. Die arbiter het hom ook ingevolge artikel 120(4) van die Kinderwet ongeskik bevind om met kinders te werk. 

Die klagte het betrekking op voorvalle wat volgens die aanklagte tussen Maart en November 2025 plaasgevind het. Een klag het verband gehou met die seksuele aanranding van ’n leerder, terwyl die ander verband gehou het met onvanpaste gedrag teenoor ’n ander leerder.

Die onderwyser het onskuldig gepleit op albei klagte.

Die arbiter het bevind dat die Gautengse Departement van Onderwys sy saak op ’n oorwig van waarskynlikhede bewys het. Volgens die arbitrasietoekenning het die onderwyser se optrede die vertrouensverhouding met die werkgewer onherstelbaar vernietig en was ontslag die gepaste sanksie.

Die toekenning gelas dat die Direkteur-generaal van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling skriftelik in kennis gestel moet word van die bevinding dat hy ongeskik is om met kinders te werk, sodat sy naam in Deel B van die Nasionale Register vir Kinderbeskerming opgeneem kan word. ’n Afskrif van die toekenning moet ook aan die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SACE) gestuur word.

Die bevinding spruit uit ’n arbeidsarbitrasie en is nie ’n strafhof se skuldigbevinding nie. Die toekenning kan steeds by die Arbeidshof hersien word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button