Local elections newsLocal newsNews

‘Because I’m gatvol’ – Bophelong inwoners ondersteun VF Plus

Die VF Plus se burgermeesterkandidaat vir Emfuleni het 'n positiewe ontvangs in Bophelong gehad. Die inwoners soek beter dienslewering.

VANDERBIJLPARK – Die VF Plus se burgemeesterkandidaat vir Emfuleni, Cobus Cato het saam met die party se burgemeesterskandidaat vir Sedibeng, Julio Agrella en drie van die party se kandidate besoek afgelê in Bophelong.

Inwoners het van die geleentheid gebruik gemaak om lidmaatskapvorms in te vul. Soos dit die party se gebruik is, is die verrigtinge met skriflesing en gebed deur kandidaat Jo-Anne Geldenhuys geopen.

Twee van die VF Plus kandidate Jo-Anne en Dawie Geldenhuys het die dag se verrigtinge georganiseer. Foto: Gerda Bruinette

Cobus het in ʼn kort toespraak verduidelik waarvoor die party staan en genoem dat almal dieselfde diensleweringsprobleme ervaar met betrekking tot water, krag en riool. Hy het ook genoem dat veiligheid en sekuriteit in Emfuleni aangespreek moet word.

Hy het ʼn beroep gedoen dat mense op 4 November gaan stem, want deur nie te gaan nie is ʼn vermorsing van ʼn stem en kortwiek die verandering op munisipalevlak waarop almal hoop.

ʼn Inwoner het na die vergadering dit mooi saamgevat toe hy gevra is hoekom ondersteun hy die VF Plus deur te sê: “Because I’m gatvol!”

Inwoners het van die geleentheid gebruik gemaak om by die party aan te sluit. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button