MEYERTON – Klipdraai Karavaanpark en Ontspanningsoord in Meyerton word op Dinsdag 3 November opgeveil.
Die oord, wat langs die Kliprivier geleë is, beslaan sowat 45 hektaar en beskik oor 300 karavaan staanplekke, 12 chalets, glanskampgeriewe, swembaddens, ’n restaurant en funksiegeriewe.
Volgens ’n plasing op Kampforum op 10 Oktober is die huidige eienaar in ’n kankerstryd gewikkel. Dit is egter nog nie onafhanklik bevestig of dit die rede vir die veiling is nie.
Die veiling vind om 11:00 op die perseel en aanlyn plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!