HealthLifestyleLocal newsNews

Dogs of War wil hul ‘buddy’ help om beter te sien

“Dit is ‘n voorreg om ‘n buddy soos Demetri by te staan ter erkenning van sy onbaatsugtige werk met die opsporing van verlore medaljes vir ons veterane"

 

Retha Fitchat

Die Dogs of War Veterane Motorfietsryers Assosiasie in die Vaaldriehoek het onlangs ‘n skenking aan een van hul gewaardeerde “buddies”, Demetri Friend, gemaak as bydrae vir ‘n noodsaaklike oogoperasie wat hy moet ondergaan. Dogs of War, met lede wat tussen 1966 en 1989 aan die Grensoorlog deelgeneem of die land op ander maniere gedien het, sien deur middel van die Buddy-projek om na veterane wat dringend ondersteuning en mediese behandeling nodig het. “Dit is ‘n voorreg om ‘n buddy soos Demetri by te staan ter erkenning van sy onbaatsugtige werk met die opsporing van verlore medaljes vir ons veterane. Sodoende verseker ons ‘n nalatenskap aan hul kinders,” sê Johann Heyneke, sameroeper van Dogs of War in die Vaaldriehoek. Enigeen wat hul wil ondersteun of by die assosiasie wil inskakel, kan Johann by 082 453 1065 of (016) 365 5572 kontak, of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button