News

Teixeira staan weer aan stuur van Midvaal

Peter Teixeira is herkies as burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

MEYERTON – Peter Teixeira is herkies as uitvoerende burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit tydens die eerste sitting van die nuutverkose munisipale raad op Donderdag 19 November.

Chantal Gomes is as speaker van die raad verkies, terwyl Phil Pretorius as hoofsweep aangewys is.


Die vergadering volg op die plaaslike regeringsverkiesing wat op 4 November landwyd plaasgevind het.


Die Demokratiese Alliansie (DA) het sy volstrekte meerderheid in Midvaal behou deur 61,92% van die stemme op hom te verenig en 19 van die 30 setels in die munisipale raad te verower.


Die verkiesing van die politieke ampsbekleërs lui die begin van ’n nuwe vyfjaartermyn vir die munisipale raad in.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button