EntertainmentLocal newsNational

Vaalpark Primêr sprankel in Big 40 Bash

Vaalpark Primêre Skool se leerlinge en personeel het hul vanjaar weer oortref met hul vierjaarlikse kinderkonsert

 

Vaalpark Primêre Skool se leerlinge en personeel het hul vanjaar weer oortref met hul vierjaarlikse kinderkonsert, Big 40 Bash. Al 1 147 leerlinge het aan hierdie skouspel deelgeneem en die saal was al vier aande stampvol. Die Big 40 Bash was deel van die 40ste-bestaansjaarvieringe van Vaalpark Primêr. Die skool se personeel, ouers en leerlinge vier hierdie besondere mylpaal van 40 wonderlike en suksesvolle jare met ‘n traan in die oog. Mnr. Jan Viljoen, die skoolhoof van hierdie pragskool, verlaat aan die einde van die jaar die onderwys om ‘n welverdiende aftrede te geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button