Local newsNews

Sentraal Gemeente se Pretloop wyd ondersteun

Die hitte het nie nie atlete afgesit nie. Almal het deelgeneem van die ernstige atlete wat tyd dopgehou het tot by die geselsende stappers.

VANDERBIJLPARK – Wanneer Sentraal Gemeente ʼn pretwedloop aanbied, dan gaan hul groot. Verlede Saterdag het atlete van alle ouderdomme aangetree om die 4- of die 8-km-wedloop aan te durf wat deur die omliggende woonbuurt gekronkel het.

Langs die roete was daar drie waterpunte en 18 beamptes wat ʼn oog oor alles gehou het. Een van die waterpunte is deur die VF Plus beman en die atlete is verwelkom met koue water terwyl Afrikaanse musiek hul sommer weer woema gegee het.

Groot glimlagte na ‘n suksesvolle wedloop. Foto verskaf Sentraal Gemeente

Die wedloop het om 09:00 begin en die son het genadeloos korrel gevat. Gelukkig was daar groot gedeeltes waar ou koeltebome skadu gebied het vir die atlete.

Die doel van die Pretwedloop was om die gemeenskap weer bewus te maak van hardloop en sodoende daardie kultuur weer te vestig.

Die 4 km seniors is deur Clare Marnitz gewen, met Werner Barnard tweede, Pieter Steyn derde, Donné van Zyl vierde en Renier Bosman vyfde.

Lekker gesels terwyl daar gewag word vir die eerste atlete om by die waterpunt aan te doen. Foto: Gerda Bruinette

Die 4 km juniors is deur die 11-jarige Nico Alberts gewen, met Marnu Roux tweede en derde Herminé Behr.

In die 8 km wedloop was Petrus Tsotetsi eerste, gevolg deur Christo Crause in die tweede plek en  Peet Maritz in die derde plek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button