Local newsNews

Valies se SA-stoeikampioene

Vaal Stoeiklub is baie trots op hul stoeiers se prestasies en wens hulle geluk met hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.

Vier stoeiers van Vaal Stoeiklub het aan die Suid-Afrikaanse Vryslagstoeikampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.

Luke Marx het goud in die Presidentskole-afdeling (28,4 kg) en silwer in die o.9-afdeling (28,1 kg) verower. As die jongste van die klub se deelnemers is sy vordering besonder indrukwekkend.

Luke Marx. Foto verskaf; Vaal Stoeiklub

Dit is reeds die tweede jaar dat hy gekies word om die Sedibeng-span te verteenwoordig. In 2025 het hy ‘n vyfde plek in die o.8-afdeling behaal, wat sy merkwaardige groei en ontwikkeling as stoeier duidelik illustreer.

Hy het vanjaar vir die derde keer sy Suid-Afrikaanse kleure verwerf. Sy harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die sport is duidelik sigbaar. Daar lê beslis ‘n blink toekoms vir hierdie jong stoeier voor.

Petie van der Walt het goud in die Presidentsjunior-afdeling (71 kg) verower. Hy is ook gekies as lid van die Suid-Afrikaanse span wat van 4 tot 6 Desember 2026 aan die Statebonds-Stoeikampioenskappe vir die o.17-, o.20- en senior ouderdomsgroepe gaan deelneem.

Jade-Dean Wiehann het brons in die o.11-afdeling (29,8 kg) behaal, terwyl A.J. Fabricius brons in die o.13-afdeling (34,1 kg) verower het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button