EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNationalNews

Swart Maandag-opmars plaas klem op plaasmoorde en haatspraak

‘n Groep besorgde Suid-Afrikaners is besig met reëlings vir ‘n nasionale Swart Maandag wat op 29 Oktober in verskeie dorpe en stede in die land plaasvind om beswaar te maak teen plaasmoorde, grondonteiening en haatspraak

VANDERBIJLPARK. – ‘n Groep besorgde Suid-Afrikaners is besig met reëlings vir ‘n nasionale Swart Maandag wat op 29 Oktober in verskeie dorpe en stede in die land plaasvind om beswaar te maak teen plaasmoorde, grondonteiening en haatspraak.
Volgens mnr. Wynand Slabbert, die organiseerders se leier in Vanderbijlpark, is die plan dat alle beswaarmakers oor dié sake Maandagoggend vanaf 07:00 aan ‘n opmars om die polisiestasie in Vanderbijlpark se sakekern gaan deelneem. Tydens die opmars sal soveel optoggangers as moontlik een-een in die polisiestasie ingaan en klagtes met betrekking tot haatspraak teen Julius Malema, leier van die EEF, lê.

“Swart Maandag SA, wat nou ‘n amptelik geregistreerde naam is, is ‘n dag waartydens ons as ‘n nasie opstaan teen haatspraak en plaasmoorde. Genoeg is genoeg. Almal is welkom om deel te neem. Ons vra dat alle bikers ons ook sal ondersteun. Ons nooi elkeen om ‘n klag te lê teen Julius Malema volgens Wet 139 van 1991 (Intimidasie en aanhitsing tot openbare geweld),” sê Slabbert. Vir meer inligting, skakel die Vanderbijlparkse organiseerder Wynand Slabbert by 084 250 6818 of voorsitter Valerie Byliefeldt by 073 457 3510.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button