EntertainmentNewsSponsored

Leona’s Dance Studio se leerlinge skitter internasionaal

Hulle was deel van die span wat Suid-Afrika verteenwoordig het en het in verskillende dansstyle deelgeneem.

Leona’s Dance Studio se leerlinge skitter internasionaal

Ondanks die beperkings wat die Covid-grendeltyd meegebring het, het leerlinge van Leona’s Dance Studio in Sasolburg in Desember 2020 op internasionale vlak aan Virtual Talent America deelgeneem en uitstekend gevaar.

Hulle was deel van die span wat Suid-Afrika verteenwoordig het en het in verskillende dansstyle deelgeneem. Hulle het ook Suid-Afrikaanse kleure in Presterende Kuns Internasionaal vir dans verwerf.

Foto: Agter van links: Irezé Fourie (1ste en 2de plek vir klopdanse), Marli Beckmann (4de plek vir kontemporêr), Milandri Fourie (naaswenner en 4de plek vir kontemporêr). Voor van links: Mardeli Kriel (5de plek vir Acrodans), Biance Herbst (naaswenner in moderne dans) en Suné du Rand (3 x naaswenner en 2de plek vir kontemporêr, liries en hip-hop).   

***********************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button