News

KYK: MAC’S Vaal-lede reik ‘n helpende hand na behoeftiges uit

Sowat 35 tot 40 motorfietsryers het hul kragte saamgesnoer om kos en ander noodsaaklike produkte aan mense in nood te skenk.

MEYERTON – Lede van die MAC’S Vaalmotorfietsklub het op 31 Oktober gewys dat hul betrokkenheid by die gemeenskap verder strek as motorfietse en die pad toe hulle bakkievragte vol kos en noodsaaklike produkte aan behoeftige mense in die Vaaldriehoek geskenk het.

Klublid Thomas Pelser het die uitreik gereël en sowat 35 tot 40 lede het Saterdag gehelp.

Klublede het self bygedra en ook skenkings van buite die klub ingesamel.

Inwoners van die Lewenskruispaaie Sorgsentrum neem voedsel wat deur die MAC’S Vaalmotorfietsklub geskenk is in ontvangs. Foto: Christiaan Cloete

Lynca Meats het vleis geskenk. Die lede het eers by Pelser se huis gebraai en daarna na die Lewenskruispaaie Sorgsentrum in Buyscelia vertrek.

Daar het hulle onder meer mieliemeel, rys, aartappels, eiers, groente, pasta en noedels afgelewer.

Lede van die MACs met die items wat geskenk is op ‘n tafel uitgepak. Foto: Christiaan Cloete


Lede van die MAC’S Vaal-motorfietsklub by die kos en ander noodsaaklike produkte wat aan die Lewenskruispaaie Sorgsentrum geskenk is.

Christo Stander het die klub namens die sentrum bedank.

Volgens hom help die sentrum sedert 1981 mense in nood. Dit huisves tans sowat 75 mense en berei maandeliks meer as 6 000 etes voor.

“Die kos wat die MAC’S vanoggend hier aangebring het en die skenking – wow, dit is net fantasties,” het Stander gesê.

Hy het gesê die skenking sal die sentrum help om sy inwoners van etes te voorsien.

Tydens die besoek het hy ook in die sentrum se kerksaaltjie vir die klub en sy lede gebid.

Lede van die MAC’S Vaal-motorfietsklub tydens die geleentheid in die Lewenskruispaaie Sorgsentrum se kerksaaltjie. Foto: Christiaan Cloete

Ná die besoek aan Lewenskruispaaie het die klub ook mense by ’n tweede plek in die Meyerton-omgewing gehelp.

Volgens Steven Moller (MAC’S president) het die klub tydens die uitreik ook klere, komberse en skoolbenodigdhede aan kinders geskenk.

Moller het gesê die klub reik gereeld uit na mense wat swaarkry, veral teen die einde van die jaar wanneer hulle kinders met skoolbenodigdhede kan help.

Lede van die MAC’S Vaal-motorfietsklub by die bakkievragte vol kos en ander noodsaaklike produkte wat hulle vir behoeftiges ingesamel het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button