EntertainmentLocal newsNewsNews

Liewe Heksie kom kuier!

Bespreek sommer nou al jou kaartjies vir hierdie Sondagmiddaglekkerte. Oee Blommie, hier kom 'n ding!

Oh Griet! Hier kom ‘n ding. Liewe Heksie kom kuier in die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg!

Sondagmiddag, 29 Mei 2022 om 14:00. Bring al die jong maats en almal wat op Verna Vels se Liewe Heksie stories grootgeword het.

Dit gaan ‘n lekkerte wees soos min. Baie lag en hope pret, want Heksie trek sommer die gehoor ook in by haar avonture.

Die saak staan so: Liewe Heksie het besluit dis tyd dat sy op haar besem klim en die land verken. Sy stop so hier en daar om haar besem te laat rus en dan bied sy sommer ‘n vertoning ook aan – Liewe Heksie en die Rolskaatse.

Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar sommer ‘n paar keer.

Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.

Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry.

Levinia vra mooi: “Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie.

Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

KLIK HIER OM TE BESPREEK:

https://www.ltickets.co.za/…/liewe-heksie-en-die…/

R100 vir Kinders en R120 Volwassenes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button