Internasionale trekklavierspeler by die ERT
Vermaak uit die boonste rakke saam met die Italiaanse trekklavier maestro Pietro Roffi.
SASOLBURG. – Dit gebeur nie aldag dat ‘n internasionale ster by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg ‘n draai maak nie.
Dinsdag, 10 Mei 2022 om 18:00 is jou kans om Pietro Roffi saam met Suid-Afrika se eie Odeion Stryk Kwartet in aksie te sien.

Pietro is ‘n klassieke trekklavier maestro. Hy was maar 6 jaar oud toe hy die eerste keer ‘n trekklavier opgeneem het.
Later jare het hy met volpunte by die Konservatorium S. Cecilia in Rome. As solis het hy al wêrelwyd opgetree saam met die beste simfonie orkeste.
Nou is hy weer in Suid-Afrika vir slegs vyf konserte. Hy skop sy toer af by die ERT in Sasolburg.
Die program sluit in musiek van Vivaldi, Piazolla en Röffi.
Kaartjies is beskikbaar by https://www.ltickets.co.za/product/piero-roffi/. Kostes: R150 – R180.

