EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom kuier by Goeiehoek-mark op Vrouedag, 9 Augustus!

Bring gerus die gesin en kom stap deur die stalletjies waar jy alles van plaasvars groente, vleis, biltong, kaas en joghurt, tuisgebak, konfyt, blatjang, souse en gemmerbier sal kan koop.

Kom kuier by Goeiehoek-mark op Vrouedag!
Hulle sê mos ‘n boer maak ‘n plan… en na vele frustrasies met beurtkrag en dooie netwerktorings wat kommunikasie met die buitewêreld bemoeilik het, kon die boeregemeenskap van Goeiehoek nogmaals ‘n fees van ‘n markdag vir Augustus voorberei!
Dit vind plaas op Nasionale Vrouedag, Dinsdag, 9 Augustus op die plaas Bosrand in Midvaal. Om alles te kroon is daar hierdie keer meer uitstallers as ooit tevore! Bring gerus die gesin en kom stap deur die stalletjies waar jy alles van plaasvars groente, vleis, biltong, kaas en joghurt, tuisgebak, konfyt, blatjang, souse en gemmerbier sal kan koop. Moet ook nie vergeet van die handgemaakte artikels vir die huis klerekas, tuin en lapa nie. Daar gaan ook kunswerk, juwele, oudhede en vele meer te sien en te koop wees.
Soos altyd is daar ook ‘n teetuin met heerlike eetgoed. Daarby sal tradisionele lekkernye soos pap en kaiings, afval en gebakte skaapkop ook weer op die spyskaart wees. Let wel, die gebakte skaapkop is net op bestelling beskikbaar. Bestel dus gerus nou al by Basie (082 901 5727) of Mariëtte (083 225 6901).
Die organiseerders herinner net weer dat, hoewel heelwat uitstallers kaartmasjiene het, daar nie outomatiese banktellermasjiene op die plaas is nie. Bring dus maar genoeg kontant saam. Daar gaan heelwat voorafbereide gevriesde geregte wees – onthou dus ook jul koelsakke. Trek gemaklike skoene aan om lekker tussen die groot getal stalletjies deur te stap.
* Die Goeiehoek Kontreimark word op die plaas Bosrand in die Midvaalgebied gehou, sowat 12 kilometer vanaf 4Way Motors in Drie Riviere. Padaanwysings: Neem die R42 roete van Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button