EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom vier jou kultuur op 24 September!

Almal kan solank dié datum omkring om in die pret te kom deel.

VANDERBIJLPARK. – AfriForum, in samewerking met Solidariteit, Kiewiet Weermagveterane, Vaalrivier Volkspele, die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA), Monument Jagters, die Voortrekkers, Ifm, MooiVaal Media en nog vele meer, beplan ‘n Erfenisdagviering vir 24 September op die terrein van Laerskool Eligwa.

Almal kan solank dié datum omkring om in die pret te kom deel.

Stalletjies met unieke handelsware, interessante vertonings en kulturele vermaak gaan deel van die dag uitmaak.

Volgens Alta du Plooy, een van die organiseerders, word ‘n varsproduktemark ook beplan. Almal wat vars plaaseiers, groente, suiwel- of ander plaasprodukte het wat hulle graag by die mark wil verkoop, kan ‘n WhatsApp na 064 902 8710 stuur. Moet dit nie misloop nie!

 

*****************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button