Fees vir Shakespeare aanhangers by die ERT
Word meegesleur deur twee van Shakespeare se tragedies, Hamlet en Othello. Lag saam, huil saam en neem 'n selfie as 'n moderne Hamlet of Gertrude in die foyer.
SASOLBURG. – Matrikulante, graad 11’s en almal wat van William Shakespeare se toneelstukke hou, kan gerus hierdie week en volgende week ‘n draai by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg gaan maak.

Tans voer Think Theatre twee van Shakespeare se bekendste tragedies daagliks by die teater op. Hamlet en Othello is albei voorgeskrewe boeke die jaar en dis ‘n moet sien vir enige een wat die stukke se komplekse temas en karakters beter wil verstaan.
Die rolverdeling vir beide produksies sluit van Suid-Afrika se beste akteurs in. Othello word vertolk deur die bekend Luyiso MacDonald wat ook die rol van Horatio in Hamlet vertolk. Bryan Hills vertolk die titelrol in Hamlet.
Die oorblywende vertonings vind plaas op Vrydag, 5 Augustus, Woensdag, 10 Augustus, Donderdag 11 Augustus en Vrydag, 13 Augustus om 09:00 en 12:00. Skole kan e-pos stuur na doreen@thinktheatre.co.za vir besprekings.
Op 9 Augustus is daar ‘n spesiale vertoning van Othello om 11:00 en Hamlet om 14:30 vir almal wat deur die week werk en ook graag die vertonings wil bywoon.
