Hamlet en Othello – Gratis kaartjies beskikbaar vir 9 Augustus
Gratis kaartjies beskikbaar vir Hamlet en Othello vertonings op 9 Augustus 2022
SASOLBURG. – Herman van Niekerk van die Etienne Rousseau Teater het laat weet dat ‘n anonieme dontateur kaartjies gekoop het vir die spesiale vetonings van Hamlet en Othello wat Dinsdag deur die Think Theatre Teatergroep opgevoer word.

Mense, veral senior burgers, wat graag een van die vertonings gratis wil bywoon kan hul naam en van, foonnommer en e-pos stuur aan herman@ertsasolburg.co.za of WhatsApp na 0632175147.
Ohtello begin om 11:00 en Hamlet om 14:30. Beide vertonings is van hoogstaande gehalte en aanbeelbaar. Die akteurs kwyt hul uitstekend van hul taak en trek die gehoor onmiddellik saam met hul in ‘n ander wêreld van intrige, komedie en tragedie in.
Soos die regisseur, Clare Mortimer tereg sê: “Shakespeare het nie bedoel dat sy stories gelees of bestudeer moet word nie, maar opgevoer moet word.”
