Stef Bos by die ERT – Bespreek nou!
Moenie Stef Bos se eenmalige vertoning by die ERT misloop op 15 Augustus nie.
SASOLBURG. – Vaaldriehoekers is bevoorreg om die immergewilde Stef Bos op 15 Augustus in die Etienne Rousseau Teater te sien. Hy bied ‘n eenmalige vertoning aan van sy solokonsert, Bitterlief.

Hy is reeds 30 jaar in die musiekbedryf en is bekend in onder andere België, Nederland en sy aanneemland Suid-Afrika.
Stef beskryf Afrikaans meesterlik op sy webtuiste: stefbos.nl as:
“Afrikaans is vir my n vrou met haar voete op die grond
En haar hart in die hemel
’n Natuurlijke skoonheid
Wat n serenade verdien
Stijlvol
Met strings
En kollig
Wat betower
Want hierdie taal
Het my verbeelding
Wakker gekus”
Sy woorde val sag op die oor en sy melodieë gaan lê knus in die hart. Sy stories spreek mens aan en daar is altyd ‘n lag met ‘n traan.
Die vertoning op 15 Augustus begin om 18:30. Kaartjies beloop R200 per persoon en kan by www.ertickets.com bespreek word.
Luister hier na sy weergawe van Suikerbossie: https://youtu.be/dh-1YyVz3e8

