Besige program by die Etienne Rousseau Teater
Iets vir almal hierdie September by die ERT.

SASOLBURG. – September is gepak met opwindende vertonings by die Etienne Rousseau Teater (ERT).
Op 8 September tree die Universiteitskoor Stellenbosch by die teater op. Hierdie koor word as een van die bestes in die wêreld beskou.

Die vertoning beloof om weer musiek uit die boonste rakke op te lewer. Die vertoning begin Donderdagaand om 18:30 en kaartjies beloop R200 per persoon.
Op Sondag, 11 September 2022 kan drama liefhebbers naderskuif vir die bekroonde Plesier-Engel geskryf deur Leon van Nierop en opgevoer deur Ruan Wessels.
Kaartjies beloop R150 per persoon en die vertoning begin om 14:00. Meer inligting is beskikbaar op die teater se Facebookblad @ERT Sasolburg.

Op Woensdag, 14 September span die bekende Suid-Afrikaanse pianis, Charl du Plessis en die meesterviolis, Tim Kliphuis van Nederland, hul talente saam vir ‘n spesiale musikale vertoning wat alles van Barok tot by Jazz gaan insluit. Kaartjies beloop R200 per persoon en die vertoning begin om 18:30.
Sondag, 25 September kan klassieke musiek aanhangers naderskuif vir Song of Norway met pianis Eugene Joubert en tjellis Gerrit Koorsen. Kaartjies beloop R120/R150 per persoon en die vertoning begin om 14:00.

Die maand word afgesluit met ‘n komiese opera, The Elixir of Love deur Gaetano Donizetti. Meer inligting beskikbaar op die Facebookblad @capetownopera.
Alle kaartjies kan by www.ertickets.com bespreek word. Volledige inligting oor alle vertonings is ook op die webblad beskikbaar.
