Local newsNews

SA kleure vir trampolienkampioen

Willem Pieterse is al van kleinsaf 'n trampolien gimnas van formaat. Hy het al talle titels ingeryg. Volgende wag die Afrika kampioenskappe.

VANDERBIJLPARK – Willem Pieterse is al vir jare een van die Vaaldriehoek se trampolienkampioene.

Onlangs is hy verkies tot die Suid-Afrikaanse trampolienspan wat van 5 tot 6 Mei aan die Afrika-trampolienkampioenskappe gaan deelneem. Die kampioenskappe vind in Pretoria plaas.

Willem is deel van Emfuleni Gymnastics. Sy afrigter, Siphiwe Mosoang is gekies as ʼn Junior afrigter wat die gimnaste tydens die kampioenskappe gaan bystaan.

Ronel Fourie, mede-eienaar van Emfuleni Gymnastics sê die klub wens Willem en Siphiwe geluk met hul prestasies. “Ons is supertrots op albei van julle.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button