Local news
Lekkerte wag vir Vanderbijl CE en CW kinders
Ouers en grootouers van die CE en CW areas in Vanderbijl bring vanaand jul kleingoed om 'n lekkergoedpakkie te kry. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Kinders onder 13 jaar in die CE en CW -areas van Vanderbijlpark, kry vir Ma, Pa, Oupa of Ouma aan die hand en maak seker julle is vanaand om 19:00 in Fordstraat agter Faradaysentrum.
Kersvader het laat weet hy en sy helpers gaan lekkergoedpakkies uitdeel vir die kinders. Die volwassenes moet saamkom om ‘n ogie oor die kleingoed te hou. Julle kry nie ook lekkergoed nie.

Let wel, die tyd is verskuif vanaf 17:00 na 19:00, want die ooms en tantes wat die partytjie gereël het, gaan sommer baie mooi liggies ook opsit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
