CommunityNews

Tekkiefees om die draai

VEREENIGING. – Die dae word afgetel tot een van die grootste kultuur gebeurtenisse op Vereeniging se kalender: Vereeniging Gimnasium se jaarlikse Tekkiefees. Dié fees beloof om soos gewoonlik meer as genoeg vermaak vir jonk en oud te bied. Die Tekkiefees vind op 4 en 5 September by die skool plaas en dit is die tweede …

VEREENIGING. – Die dae word afgetel tot een van die grootste kultuur gebeurtenisse op Vereeniging se kalender: Vereeniging Gimnasium se jaarlikse Tekkiefees. Dié fees beloof om soos gewoonlik meer as genoeg vermaak vir jonk en oud te bied. Die Tekkiefees vind op 4 en 5 September by die skool plaas en dit is die tweede keer dat dié fees plaasvind nadat Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging saamgesmelt het. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Gerhard Steyn, Snotkop, die Flooze en vele meer gaan optree.
Toegang beloop R70 vir volwassenes en R40 vir kinders. Daar sal genoeg veilige parkering wees sodat daar met ’n geruste hart makietie gehou kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button