Local newsNews

Stofstorms is hopelik voorlopers vir goeie reënseisoen

Volgens weerkenners voorspel dit 'n goeie reënseisoen vir die Vaaldriehoek as die wind so sterk in die laatwinter en vroeë lente waai

Dis heerlike lente in die Vaaldriehoek en te oordeel aan die Augustus-winde wat sterk in die gebied gewaai het, wag daar ‘n goeie reënseisoen hierdie somer. Die wind het veral in die laaste twee weke van Augustus by tye erge stofstorms in die gebied veroorsaak. Dié foto is op 22 Augustus tydens een so ‘n stofstorms deur Vaalweekbladleser, Willem Piater, tussen Randvaal en Meyerton geneem. Al was dit skaars na 17:00 die middag, was die sonlig amper heeltemal uitgedoof deur die stof. Volgens weerkenners voorspel dit ‘n goeie reënseisoen vir die Vaaldriehoek as die wind so sterk in die laatwinter en vroeë lente waai. Die Vaaldam se vlak is tans op ‘n gesonde 89% en hopelik word ons gebied die kwaai droogte van verlede jaar hierdie tyd, gespaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button