News

Verskuiwing van stemlokaal

Kiesers van Wyk 1 wat voorheen by Hoërskool Drie Riviere gestem het, sal tydens vanjaar se plaaslike verkiesing by Laerskool Drie Riviere stem.

VEREENIGING – Kiesers van Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere) wat voorheen by Hoërskool Drie Riviere gestem het, sal tydens vanjaar se plaaslike verkiesing by Laerskool Drie Riviere stem.

Die nuwe stemlokaal is op die hoek van Umgeni- en Limpopostraat in Drie Riviere.

Dalene Venter, wyksraadslid vir Wyk 1, het die verandering aan Vaalweekblad bevestig. Laerskool Drie Riviere word ook op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se webwerf as die stemlokaal aangedui.

Die verandering raak kiesers wat voorheen by die hoërskool gestem het, en nie alle kiesers in Wyk 1 nie.

Kiesers kan hul geregistreerde stemlokaal nagaan deur hul ID-nommer op die OVK se webwerf in te voer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button