Local newsNews

Nataniël weer in Sasolburg te sien

Maak gereed vir 'n middag van lekker lag, mooi musiek en goeie stories. Nataniël is weer op pad na die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.

SASOLBURG – Nataniël bring sy Nataniël in Concert na die Etienne Rousseau Teater (ERT) op Sondag, 1 November om 15:00.

Hy vermaak gehore al 39 jaar met sy spitsvondige stories, kostuums en musiek. Hierdie jaar se vertoning sluit van sy gewildste stories en liedjies uit sy verhoogproduksies in.

Volgens die ERT vang die vertoning die wese van Nataniël se spitsvondige humor en aangrypende emosionele diepgang vas. Die bekende en wêreldberoemde South African Steinway Artist, Charl du Plessis sal Nataniël weer op die ERT se manjifieke vleuelklavier begelei.

Kaalkop produkte en boeke sal tydens die geleentheid te koop wees. Bespreek jou kaartjies vandag nog hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button