Local newsNationalNews

Ontwikkelende nuus: Groot botsing tussen skoolbus en nog 2 voertuie

Alle nodige nooddienste is op die toneel op die R59 tussen Sasolburg en Vereeniging

 

Verskeie nooddienste is op die toneel van ‘n voertuigongeluk op die R59-snelweg tussen Vereeniging en Sasolburg.

Volgens die Community Support Forum was ‘n skoolbus en twee ander voertuie vroeër vanmiddag (2 November) in die botsing betrokke.
Sover verneem word, is daar ongelukkig ‘n onbekende aantal P4-gevalle op die toneel (met ander woorde mense wat gesterf het).

(Nuwe inligting: Blykbaar het slegs een vrou in die botsing gesterf)
Die getal ander persone wat beseer is, is in dié stadium nog onbekend.
Motoriste word versoek om die toneel te vermy en ander roetes te gebruik.

FOTO’S: Community Support Forum

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button