LifestyleLocal newsNews

Centurions MBC bederf senior burgers met geskenke

Lede van die Centurions Motorfietsklub in Vanderbijlpark het die afgelope Kerstyd verskeie projekte geloods om geskenke en donasies vir kinders en bejaardes van die Vaaldriehoek in te samel.

 

Lede van die Centurions Motorfietsklub in Vanderbijlpark het die afgelope Kerstyd verskeie projekte geloods om geskenke en donasies vir kinders en bejaardes van die Vaaldriehoek in te samel. ‘n Motorfiets- en voertuig-ekspo sowel as hul jaarlikse Toy Run is laat verlede jaar vir dié doel aangebied.
Danksy dié projekte kon die Centurions gedurende die feestyd vir elke inwoner van Mimi Fourie Hof, ‘n tehuis vir bejaardes in Vereeniging, ‘n geskenkpak gee.
Die president van die Centurions Motorfietsklub, Gerhard van Driel, bedank graag al die borge sowel as die publiek vir hul ondersteuning om dié skenkings moontlik te maak.
Foto: Hier is lede van die klub tydens die oorhandigingseremonie saam met sommige van die inwoners wat geskenke ontvang het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button