NewsNews

Covid-19 statistiek: Meer as 41 000 sterftes in VK

Die Verenigde Koninkryk (VK) het in geheel min Covid-19 gevalle gemeet aan ander groot lande, maar het 'n kommerwekkende tweede hoogste sterftesyfer van 41 128. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 7 487 297, waarvan 419 566 pasiënte gesterf het en 3 800 969 herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 22ste op die lys met 55 421 gevalle en 1 210 sterftes)

  • Die VSA het die meeste lyers – 2 066 860 (gister 2 046 514) gevalle en 115 157 sterftes (gister – 114 185). ‘n Totaal van 808 551 het tot dusver herstel.
  • Brasilië – 775 581 (gister 742 084) en die derde hoogste sterftesyfer van 39 803.
  • Rusland – 502 436 (gister 493 657) en 6 532 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 290 143 (gister 289 140) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 41 128.
  • Spanje – 289 360 (gister 289 046) en 27 136 sterftes.
  • Indië – 287 679 (gister 276 583) en 8 115 sterftes.
  • Italië – 235 763 (gister 235 561) en 34 114 sterftes.
  • Peru –  208 823 (gister 203 736) en 5 903 sterftes.
  • Duitsland – 186 515  (gister 186 515) en 8 845 sterftes.
  • Iran – 180 156 (gister 177 938) en 8 584 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 057 (gister 83 046) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 62 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button