NewsNews

Wees gereed … nog ‘n kouefront kom!

Die winter is hier in al sy glorie! In die Vaal het ons net soos die res van die land gebibber van die koue nadat Dinsdag as een van die koudste dae tot dusver beskryf is. Dit het selfs Dinsdagaand vir die eerste keer in 8 jaar in Gauteng gesneeu. Daar het glo ligte sneeu in dele van Brankpan en Benoni geval.

Die temperatuur het daarna so effens geklim, maar moenie die komberse wegsit nie en dra maar nog hout vir die kaggel nader … nog ‘n kouefront gaan glo teen Saterdag die land bereik.

  • Dis was net so koud by die Mlilwane Wildlife Sanctury in Swaziland, maar kyk net hoe oulik en slim is die vlakvarke. Hulle het styf teen mekaar om die smeulende kampvuur gelê en saam die koue trotseer. Dié reservaat is Swaziland se oudste beveiligde area en word deur ‘n nie-wingewende organisasie bestuur.
    Hierdie vlakvarke weet hoe om warm te bly op koue dae en aande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button