NewsNewsBreaking News

Covid-19 dwing reg en geregtigheid tot op haar knieë

VEREENIGING. – Die landdroshof in Vereeniging is Maandagoggend 29 Junie gesluit weens ‘n Covid-19 geval by die hof.

Volgens ‘n kennisgewing  wat op die hoofhek geplak is sal sanitasie en reiniging van die hofgebou op 29 Junie gedoen word en sal die hof weer Dinsdag 30 Junie heropen.

Lede van die publiek is gevra om Dinsdag 30 Junie weer by die hof aan te doen om navraag te doen oor wat met sake gebeur wat op Maandag se hofrol geplaas is.

Een van die belangrike sake wat op Maandag se hofrol geplaas is, is die vonnisoplegging van drie lede van ’n sindikaat wat in 2011 by die rooftog op die bekende Vereenigingse sakeman Gary Immelman betrokke was, waartydens Immelman talle kere geskiet is.

Die saak sloer al bykans ’n decade lank en die veroordeeldes sou vanoggend hul lot hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button