
Die skool is op 30 Junie verwittig. Die leerling is reeds van 25 Junie by die huis nadat een van die gesinslede simptome begin toon het. Die hele gesin is toe getoets en het in self-isolasie gegaan. Die brief stel dit duidelik dat die kind nie die virus by die skool opgedoen het nie. Die skool is steeds oop en sê op die stadium lyk dit nie nodig om te sluit nie. Sou daar egter ander instruksies van die departement van gesondheid of die distriksdirekteur ontvang word, sal ouers dadelik verwittig word. Die skool het ‘n beroep gedoen op mense om nie valse inligting op sosiale media te versprei nie, omdat dit onnodige paniek veroorsaak. “Laerskool Totius volg deurgans die streng vereiste higiëniese maatreëls om die verspreiding van die COVID-19 virus te bekamp en om almal se veiligheid te verseker”, staan in die brief wat deur die skoolhoof, Mnr. M.K Erasmus onderteken is.
