Local newsNewsNews

Prag-foto’s om die naweek mee af te sluit

Pragtige foto's om die naweek mee af te sluit. Vaalweekblad bedank die "lockdown-fotograwe" vir hul volgehoue bydrae tot die blad.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 8e fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn die week (22 Julie) in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Antoinette Viljoen is ‘n nuweling op die groep. Sy het die pragtige foto met sonsondergang in Bray, by die Botswana-grens geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie oulike foto van sy twee huisbewoners geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem.
    Helena Nel van Unitaspark in Vereeniging het hierdie pragtige foto van die donkiekar geneem.
    Karin Cronjé van Andorra het hierdie pragtige foto met sonsondergang op haar pa se plaas in Standerton geneem.
    Lizelle Stassen van Vanderbijlpark het hierdie mooi monochroom foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het hierdie makro foto geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijpark het hierdie pragtige natuurfoto geneem. Die foto skep sommer ‘n gevoel van hoop!
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
    Ria Viljoen het ook die pragtige silhouette foto van die kinders wat die natuurlewe geniet met sononder geneem.
    Rozan Koen van Vaalpark was ook gelukkig om ‘n pragtige silhouette foto te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button