VANDERBIJLPARK. - "Dit is die hartseerste ongelukstoneel waar ek nog self betrokke was." Dit is die woorde van een van mense wat gister op die ongelukstoneel was waartydens 'n graad 12 leerling van die Hoërskool Driehoek gesterf het.
Nooddienspersoneel besig om Jané Vorster op die ongelukstoneel te behandel. Foto: Chase
“Dit is met groot hartseer dat ons u kan meedeel dat een van ons graad 12 leerders, Shelby van Wyk, gister in ‘n ongeluk oorlede is” het die skool op sy Facebookblad gesê.
“Baie sterkte vir al sy vriende, onderwysers en familie in die tyd. Bid asseblief vir vertroosting vir elke persoon. Ook vir Jané Vorster wat ook ernstig seergekry het en tans in Unie hospitaal Alberton opgeneem is. Mag ons Vader met elkeen wees,” lees die boodskap.
Verskeie boodskappe van medelye en simpatie het reeds op die blad begin instroom.
Die hartseer herhinnering dat ‘n kosbare lewe weggeneem is. Foto: Chase
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za