Local newsNewsNews

Nuwe fotograwe maak hul buiging op blad

Dis 'n nuwe week en ons spog nie net met nuwe foto's nie, maar ook met 'n paar nuwe "lockdown-fotograwe" wat vir die eerste keer foto's op die blad deel. 

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 8ste fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verksyn Woensdag (22 Julie) in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Albertus Kriel van Vereeniging raak aan mens hartsnare met die pragtige monochroom foto van die hondjies.
    Amanda Vermeulen is nog steeds in kwarantyn in Maleisië, maar deel haar gunsteling foto van die dag met ons. (Gelukkig het Amanda en haar man daagliks ‘n pragtige uitsig om na te kyk – hulle het nog een week oor voor hul kwarantyn-tydperk om is). Sterkte julle!
    Antoinette Viljoen het die mooi foto van die grensdraad tussen Suid-Afrika en Botswana geneem.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die klein blommetjies op Riversong Farm afgeneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige sonsondergang foto op 19 Julie in Ringweg, Drie Riviere, Vereeniging geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem. Sy maak mens lus vir die somer!
    Hennie Posthumus van Boksburg is een van die nuwelinge wat vir die eerste keer ‘n foto op die blad deel. Hennie het die pragtige foto op Oranjeville geneem.
    June Bartlett van George het die pragtige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Adorra het die foto tydens haar inperkingtyd in Suid-Afrika geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die besondere sonsondergang foto geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die duifie geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die vlieg op die geel blom geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie foto by die Voortrekker Monument geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi foto van die voëltjie wat so alleen op die takkie sit geneem.
    Sarie Liebenberg van Vaalpark het hierdie diep, donker sonsondergang foto geneem. Sy deel ook vir die eerste keer ‘n foto op die blad.
    Nicolette van Schalkwyk het die oulike foto van Jaco geneem waar hy visvang?! Hoe ookal, dit lyk lekker. Give that man a Bell’s!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button