Local newsNewsNews

Dag word afgesluit met pragtige foto’s

'n Besige Dinsdag se doen en late kan nou afgesluit word met nog 'n pragtige foto-versameling deur die "lockdown-fotograwe".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 8ste fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verksyn Woensdag (22 Julie) in Vaalweekblad. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Michelle Hart van Sasolburg speel sonvanger in die foto.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die “black-bellied starling” geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom natuurfoto geneem.
    Daar moet soms gespeel word. Pierrie Fourie van Vanderbijlpark het die foto van die bordspeletjie geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi herderkleurige natuurfoto geneem.
    Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi sonsondergang foto geneem.
    Sonja Hollander from Edleen, Kempton Park took this beautiful landscape photograph.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie lekker aarbeie in Stellenbosch afgeneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging hierdie mooi foto van die rooi blommeprag geneem.
    Amanda Vermeulen het hierdie mooi stadslandskap in Maleisië geneem.
    Antoinette Viljoen het hierdie mooi grasse teen die sonsondergang op ‘n plaas in Bray, op die Botswana grens geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die skilderagtige natuurfoto geneem.
    Hennie Posthumus van Boksburg het die pragtige foto op Oranjeville geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto van die pers bessies geneem.
    June Bartlett van George het die mooi natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Adorra het die vere tydens haar tydperk in SA op haar pa se plaas in Standerton afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button