Local newsNewsNewsBreaking News

Brand eis 4-jarige kleuter

VEREENIGING. – Die ma van ’n 4-jarige kleuter wat Vrydagaand by ’n kommune in Peacehaven doodgebrand het, het glo haar kind binne die huis hoor skree terwyl die vlamme hom verteer het. Nomvula Nzono (33) het in die huis probeer ingaan om haar seun, Thami Nzono (4) te red, maar moes terugdraai omdat dit eenvoudig …

VEREENIGING. – Die ma van ’n 4-jarige kleuter wat Vrydagaand by ’n kommune in Peacehaven doodgebrand het, het glo haar kind binne die huis hoor skree terwyl die vlamme hom verteer het.

Nomvula Nzono (33) het in die huis probeer ingaan om haar seun, Thami Nzono (4) te red, maar moes terugdraai omdat dit eenvoudig te warm was en daar te veel rook was.

Thami het glo saam met sy broer Gift (8) in die kamer (waar hulle al drie woon) geslaap toe die brand ontstaan het. Gift kon betyds uit die kamer kom, maar Thami was nie so gelukkig nie.

Rachel Links vertel dat dit omstreeks 20:36 gebeur het, kort nadat die kragtoevoer na Peacehaven herstel is nadat die woongebied weer eens sonder krag was.

“Die krag was vir ’n uur of twee af. Toe dit uiteindelik weer aangekom het, het dit geflikker. Kort daarna het ons ’n ontploffing gehoor en glas wat breek.”

Volgens Links het hulle probeer om in die kamer in te gaan, maar dit was te warm en daar was te veel rook.

Nomvula Nzono (33) se hart is baie seer nadat haar seun Vrydagaand doodgebrand het. Foto: Christiaan Cloete
Klein Thami Nzono (4) kon nie uit die flammehel ontsnap nie. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button