Local newsNewsNews

Mooi foto’s is op die spyskaart

Mooi foto's is op die spyskaart, met die komplimente van die "lockdown-fotograwe"- geniet dit.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 8ste fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (22 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie foto wat mens mond laat water, tydens ‘n besoek aan sy dogter in Stellenbosch, geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie pragtige kosmosfoto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het haar hondekind, Lucy, wat lekker lê en “recharge” afgeneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie mooi stillewe foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie mooi foto van ‘n besoekertjie in sy tuin geneem.
    June Bartlett van George het hierdie pragtige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Andorra het hierdie voëltjie tydens die inperking in Standerton afgeneem. Die voëltjie was op die patio vasgekeer, maar is versigtig gehelp om weer vry te kon wegvlieg.
    Michelle Hart van Sasolburg het hierdie pragtige sonsondergang foto geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie mooi, amper dromerige, landskapfoto geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie mooi natuurfoto met diep kleure geneem.
    Shane Pretorius van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van die Vaalrivier teen skemer geneem.
    Sarie Liebenberg van Vaalpark het hierdie besondere foto van die dreigende donker wolke geneem.
    Sonja Hollander from Edleen, Kempton Park captured this inspiring photo.
    Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie mooi natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button