Local newsNewsNews
Weldoener se sleepwa gesteel
BOLTONWOLD – ‘n Weldoener se sleepwa is Woensdagoggend *22 Julie) vanaf haar kleinhoewe in Boltonwold gesteel. Yvette Wilde, ‘n diereregte-aktivis wat ook mens in nood help gedurende hierdie tyd, het die sleepwa gebruik om donasies na behoeftige mense te vervoer. Volgens Yvette het die sleepwa ‘n duik in die neus en een van die grendels …

BOLTONWOLD – ‘n Weldoener se sleepwa is Woensdagoggend *22 Julie) vanaf haar kleinhoewe in Boltonwold gesteel.
Yvette Wilde, ‘n diereregte-aktivis wat ook mens in nood help gedurende hierdie tyd, het die sleepwa gebruik om donasies na behoeftige mense te vervoer.
Volgens Yvette het die sleepwa ‘n duik in die neus en een van die grendels het afgebreek.
Volgens Yvette het die diewe ook ‘n elektriese heining beskadig om by die waentjie uit te kom.
Gelukkig is geen van Yvette se talle diere wat sy op die perseel aanhou beseer nie.
Sy het ‘n beroep op mense gedoen om op die uitkyk te wees vir die sleepwa.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
