Local newsNewsNews
23 Julie: Reeds 8 744 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek het tans 8 744 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat 108 sterftes insluit en 2 112 pasiënte wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 6 358 (waarvan 1 664 herstel het)
Midvaal 977 (waarvan 183 herstel het)
Lesedi/Heidelberg-streek 1 367 (waarvan 265 herstel het)
Daar is steeds 42 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- In Metsimaholo is daar tans 1 040 gevalle (Sasolburg, Deneysville en Oranjeville)
- Daar is in totaal reeds 144 582 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 77 397 herstel het en 1 156 gesterf het. Altesaam 5 131 pasiënte het ernstige simptome en word in hospitale of klinieke behandel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
