Fotografie: Bernard is ‘n (kunstige) yster!
Dit is lekker om met talentvolle mense te werk, en kyk hierdie groep "lockdown-fotograwe" is 'n talentvolle en baie interessante groep mense. Danksy hulle mooi foto's is daar elke dag iets om na uit te sien. Ek het nou oor 'n geruime tyd so bietjie meer oor sommige van fotograwe geleer. Vandag wil ek julle vertel van 'n man daar uit die Koue Bokkeveld.
Sy naam is Bernard du Toit, en hy is nie sommer net ‘n gewone man nie, hy is ook pa en oupa en met die eerste oogopslag lyk dit nou nie juis of hy ‘n aanvoeling vir kuns sal hê nie (ek bedoel dit goed – lyk soos ware man, wat van rugby hou en dit is dit) – daai gesegde – don’t judge a book by its cover, is hier ter sprake. Maar hy het ‘n fyn oog en hy het my telkens beïndruk met pragtige foto’s daar vanaf Riversong Farm. Dankie Bernard – jy is ‘n (kunstige) yster!


Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 8ste fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in die week se Vaalweekblad (22 Julie) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige landskapfoto geneem. 
“Ghost Dove” – Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige kunsfoto geneem. Man van vele talente onse Hennie! 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto van ‘n pou geneem. 
Karin Cronjé van Androrra het die pragtige landskapfoto van Camí de l’Obac in die Incles-vallei geneem. (Sjoe, gaan nie daai naam probeer uitspreek nie!). 
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die Indian Myna geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark, een van die fotograwe wat daarvan hou om te eksperimenteer, het die kunstige foto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein hou daarvan om plekke te verken en het die pragtige foto op een van haar uitstappies geneem. 
Bittersoet! Sané Swart het die mooi foto tydens ‘n brand op hul plaas Langkuil in Odendaalsrus geneem. Dit was die derde brand op die plaas! 
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die interessante foto geneem. 
“Braai time in Upington” – Sonja Hollander from Edleen, Kempton Park captured this photograph. 
Thys Eigenhuis van Drie Riviere in Vereeniging het die mooi foto van die Aalwyn naby Mount Sheba geneem. 
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.
