Local newsNewsNews
Plaaslike resturante neem deel aan protesaksie
Die landswye Million Seats on the Streets-veldtog, wat kapsie maak teen die regering se nuutse inperkingtye en die verbod op die verkoop van alkohol is gister ook deur plaaslike resturante ondersteun. Stonehaven-on-Vaal se bestuur en werkers, asook Horse & River in Vanderbijlpark het hul tafels en stoele uitgedra en hul plakkate trots omhoog gehou.
Ons praat hier van plaaslike inwoners wie se werk en daaglikse bestaan deur die huidige pandemie en hierdie wetgewing beïnvloed word. Hulle het aan die vreedsame protes deelgeneem om te wys dat hulle moet werk om vir hul gesinne te kan sorg. Baie mense moes al van hul pesoonlike besittings verkoop om kos op hul tafels te kan sit – dit sal egter nie so kan voortgaan nie. Hierdie mense smeek vir ‘n beter oplossing!




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
