Local newsNewsNews

Terug in Maleisië en reg om te verken en foto’s te neem

Vandag leer ons nog een van ons "lockdown-fotograwe" so bietjie beter ken. Amanda en haar man Mariäl Vermeulen het in 1981 saam matrikuleer aan die Hoërskool Vereeniging. Vandaar het hul verskillende beroepe hul regoor die wêreld geneem. Hulle kon sowat twee weke gelede terugkeer na Maleisië waar hulle tans woon (nadat hulle vir vier maande in Suid-Afrika in hul huis in Kempton Park moes deurbring, toe hulle net vir 'n kort besoek na Suid-Afrika gekom het, maar die nasionale inperking toe ingetree het).

“Die terugtog het ‘n volle 48 uur geduur en dit was nogal ‘n belewenis om deur lughawens te stap wat totaal verlate is,” vertel Amanda. Hulle is tans nog in kwarantyn, maar die einde is darem in sig. “Ons hou baie van reis en is albei versot op motors en motorsport. Ek maak ook graag tuin en het ‘n groot swakte vir vetplante. Verder onthaal ek graag en is dit vir my ‘n groot vreugde om my geliefdes te bederf,” vertel Amanda. Nog een van haar voorliefdes is natuurlik fotografie. “Ek word gereeld gespot oor ek altyd alles wil afneem en is nie skaam om sommer my selfoon daarvoor in te span nie. Ons het groot planne gehad om dié jaar meer van Maleisië te sien. Dalk gebeur dit nog, maar vir nou sal ek tevrede wees met selfs net ‘n stappie om die blok,” sluit Amanda af. – Wel Amanda, ons hoop ook dit word waar en dat jy ons nog lekker kan bederf (en jaloers maak) met die mooi foto’s wat jy daar in Maleisië gaan neem.

Amanda en haar man Mariäl Vermeulen het in 1981 saam aan die HS Vereeniging matrikuleer. Hulle woon tans in Johor, Maleisië en Amanda is een van die kranige “lockdown-fotograwe” wie se pragtige foto’s gereeld op die blad veskyn. Sy is ook nie skaam om die ander fotograwe te ondersteun en met met hul mooi foto’s geluk te wens nie.
Nog een van Amanda Vermeulen se stadslandskapfoto’s wat sy geneem het terwyl sy en haar man tans in kwarantyn is.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in volgende week se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die betowerende vuurfoto geneem.
    Bennie Henning van Germiston het hierdie mooi sonsondergang foto geneem.
    As jy net een aarbei per dag mag eet, dan moet jy mooi kies. Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die foto van die reuse-aarbei geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n geveerde besoekertjie geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige natuurfoto geneem.
    Karin Cronjé van Androrra het die pragtige foto van Camí de l’Obac in die Incles-vallei geneem.
    Mattithyah van der Merwe vanuit die Kaap het die pragtige foto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige silhouette foto geneem.
    Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die akwariumfoto geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto van ‘n “bronze mannikin” geneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die besondere foto geneem.
    Sarie Liebenberg van Vaalpark het die oulike foto van haar kleinseun Ludiek Snyman geneem waar hy bietjie koerant lees. 
    Photograph taken in Upington by Sonja Hollander from
    Edleen, Kempton Park.
    Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het hierdie kleurryke foto tydens ‘n skoolkonsert geneem.
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie interessante foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button