Local newsNewsNews

Ystervrou moet virus verslaan voor sy weer kan veg

VANDERBIJLPARK. - Dit gaan nog 'n rukkie wees voor die Vaal se ystervrou weer vir inwoners kan veg... sy moet eers die virus wat haar plat getrek het heeltemal verslaan.

“Dit gaan al bietjie beter,” het Gerda Senekal, plaaslike Emfuleni Raadslid van die VF Plus gister uit haar siekbed laat weet. “Daar is niks wat jou lewe meer omver gooi as hierdie virus nie,” sê die dorp se ystervrou wat ook reeds in haar lewe teen die groot K moes baklei.

Afgesien van hoe kanker jou aftakel en so siek maak dat jy menigmale voel om eerder op te hou veg, voel Gerda is hierdie virus net so uitputtend. “Jy voel beter en die wil om op te staan is daar, maar ek het geen energie nie. My eetlus het verdwyn en indien ek wel eet, proe en ruik ek niks. Dit voel of alles onderstebo gedraai is,” sê Gerda. Hoewel baie pasiënte se simptome verskil, het baie ander ook hierdie simptome ervaar.

“Ek veg nou maar dag vir dag teen die virus en hoewel ek besig is om te wen, besef ek daar is nog ‘n lang pad voordat ek volkome sal herstel. Ek wil so graag weer my daaglikse roetine voortsit, maar het gou besef dat ek nog nie kan nie. Alles voel stadiger en ek het nog nie die nodige energie nie. Ek word nog baie vinnig moeg en kort van asem.” Gerda gebruik tans op aanbeveling van haar dokter  ‘n asmapompie om haar longe oop te hou.

“Nie almal reageer dieselfde nie, en het ook nie al dieselfde simptome op dieselfde tyd of graad nie. Ek dink dit hang af van persoon tot persoon. Wat ek wel weet is dat ek baie dankbaar is dat ek nog hier is. Dit kon baie anders gewees het,” sê Gerda. Sy is ook baie dankbaar vir haar man Jaun wat haar so mooi bystaan en versorg. “Hy is ‘n wonderlike man, ek twyfel of ek dit sou gemaak het sonder hom,” sluit Gerda af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button