Local newsNewsNewsBreaking News

Bikers en oudsoldate “bedel” vir liefdadigheid

VEREENIGING. – Lede van die Dogs of War-motorfietsklub en oudsoldate verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) sal Saterdag en Sondag op die hoek van Generaal Hertzogweg en Basheestraat in Drie Riviere staan en “bedel”.   Volgens Riaan Barnard van die Dogs of War-motorfietsklub is dit alles vir ‘n goeie doel.   Die fondsinsameling wat in …

VEREENIGING. – Lede van die Dogs of War-motorfietsklub en oudsoldate verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) sal Saterdag en Sondag op die hoek van Generaal Hertzogweg en Basheestraat in Drie Riviere staan en “bedel”.

 

Volgens Riaan Barnard van die Dogs of War-motorfietsklub is dit alles vir ‘n goeie doel.

 

Die fondsinsameling wat in samewerking met die nie-winsgewende organisasie Red Pepper Kids aangepak word is ten bate van Laerskool Handhawer se voedingskema.

 

Die voedingskema help om behoeftige kinders daagliks van maaltye te voorsien, selfs nou terwyl die skole weens die Covid-19 pandemie gesluit is.

 

Motoriste word gevra om ’n geldjie in bekertjie te gooi as hulle verby ry.

 

Volgens Riaan Barnard van die Dogs of War-motorfietsklub kan skenkings ook in Dogs of War se Capitec-spaarrekening inbetaal word.

 

“Die nommer van ons spaarrekening by Capitec is 1350802636. Gebruik ‘DOG719RPK’ gevolg deur jou naam as betaalverwysing,” vra Riaan.

 

Skakel Riaan by 082 944 5446 vir meer inligting oor hoe jy kan help.

 

Riaan Barnard van die Dogs of War-motorfietsklub bedel op die hoek van Generaal Hertzog en Basheestraat. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button