Fotograwe fokus op die mooi dinge in die lewe
Hier is vandag se raad: fokus op die mooi dinge in die lewe!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in volgende week se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Sonja Hollander from Edleen, Kempton Park took this beautiful photo of the Oranjerivier in Upington. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto van die murasie geneem. 
Don Williams van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem (Die program het die boonste deel van die wolke afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
“Dirty Pleasure” – Elsje Vermeulen het hierdie modderspulletjie afgeneem. 
Danie Nel van Parys het die pragtige foto van die Vaalrivier in Parys geneem terwyl die son wegsak. 
Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi foto van die twee “wonderwerkies” geneem. 
Karin Cronjé van Androrra is een van die drie internasionale fotograwe op die “lockdown-blad” wat gelukkig is om ander soort voorregte te geniet, soos die landskapfoto wat sy in Camí de l’Obac in die Incles-vallei kon neem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige foto van die geveerde vriendjie geneem. 
Kyk die pragtige wolke wat oor Johor, Maleisië hang! Amanda Vermeulen het die pratige foto geneem – dit is haar laaste dag van kwarantyn, wat beteken sy sal van more weer buite kan rond beweeg – die lang wag is verby. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige natuurfoto geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto by ‘n watergat geneem. 
Mattithyah van der Merwe vanuit die Kaap het die pragtige foto geneem. 
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto met gevoel geneem. 
Thys Eigenhuis van Drie Riviere in Vereeniging het die natuurfoto geneem.
