Local newsNewsNews

Lockdown-foto’s: Vat dit kalm en rustig

Vat dit so bietjie rustig, ontspan en geniet vandag se foto-versameling.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.

Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 9de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se Vaalweekblad (29 Julie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het hierdie simplistiese, maar treffende landskapfoto geneem.
    Danie Nel van Parys het hierdie pragtige wildsfoto geneem.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie twee besoekers in haar tuin afgeneem.
    “Ons bly in Afrika”- Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie mooi foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie pragtige foto geneem.
    Karin Cronjé van Andorra het hierdie pragtige landskapfoto geneem.
    “Die mooiste Kaap” – Mattithyah van der Merwe het hierdie besondere foto geneem.
    Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi foto op ‘n mistige oggend geneem.
    Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n mannetjie “cardinal woodpecker” geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    “Wie verlang na die see?” – Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.
    Pikkie Marais van Vaalpark het die pratige foto geneem van ‘n baba gecko wat bietjie kom son soek het.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
    Sonja Hollander van Kempton Park het die interessante foto geneem.
    Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die foto van die boomstomp wat met swamme “versier” is geneem.
    Albertus Kriel van Vereeniging het hierdie kunstig-verwerkte landskapfoto geneem.
    “Perfectly Imperfect”- Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die interessante aarbei ontdek en afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button