Local newsNewsNewsBreaking News

Talle van ouetehuis toets positief vir Covid-19

MEYERTON. – Die Covid-19 virussiekte het ongenooid by Huis Meyerton Tehuis vir Bejaardes ingesluip en nou het ’n groot aantal bejaardes en verpleegpersoneel positief vir die virussiekte getoets.   Daar is groot kommer aangesien die Wêreld Gesondheidsorganisasie waarsku dat veral oumense vatbaar is vir die virussiekte.   Elmarie Rossouw, NG Welsyn se bestuurder van bejaardesorgdienste, …

MEYERTON. – Die Covid-19 virussiekte het ongenooid by Huis Meyerton Tehuis vir Bejaardes ingesluip en nou het ’n groot aantal bejaardes en verpleegpersoneel positief vir die virussiekte getoets.

 

Daar is groot kommer aangesien die Wêreld Gesondheidsorganisasie waarsku dat veral oumense vatbaar is vir die virussiekte.

 

Elmarie Rossouw, NG Welsyn se bestuurder van bejaardesorgdienste, het in ‘n verklaring bevestig dat ’n groot aantal bejaardes positief getoets het vir die virussiekte en dat daar nog uitstaand uitslae is.

 

Volgens Rossouw gaan dit tans goed met die meerderheid van die tehuisinwoners en is hul steeds asimptomaties.

 

Sy het ook bevestig dat daar ook personeel is wat positief getoets het.

 

“Die selfversorgende inwoners in die woonstelle op die terrein is glad nie geraak deur die uitbraak binne in die tehuis nie,” het Rossouw verseker.

 

Volgens Rossouw het verskeie organisasies en groepe in die gemeenskap intussen gehelp om die nodige middele en toerusting beskikbaar te stel ten einde die uitbraak in die tehuis effektief te bestuur.

 

“Die onmiddelike behoefte is om aan elke inwoner die nodige medikasie en vitamien-aanvullings te verskaf om die infeksie te help beveg.

 

“Bykomende beskermende kleredrag moes ook dringend vir personeel, wat die inwoners versorg, aangeskaf word.

 

Volgens Rossouw kan die meerderheid van die personeel weens persoonlike finansiële uitdagings in hierdie tyd, eenvoudig nie self hierdie middels bekostig nie.

 

“Hierdie toegewyde personeel is onmisbaar en sal die Tehuis dit baie moeilik vind om sonder hulle in al die versorgingsbehoeftes van die inwoners te voldoen,” het sy gesê.

 

Rossouw sê dat die tehuis sedert die begin van die Covid-19-pandemie in Suid Afrika verskeie uitgawes aangegaan het om die virus uit die tehuis te probeer hou en volgens haar is inwoners se gesondheid deurlopend gemonitor.

 

“Hierdie uitgawes het persoonlike beskermingstoerustig (PPE), mediese toerusting soos termometers, polsoksimeters, saniteringsmiddels en opleidingsmateriaal ingesluit.

 

Rossouw het die gemeenskap van Meyerton bedank wat onvoorwaardelik ingespring het om hulp aan die tehuis te verleen en het ook dokters bedank wat dadelik bereid was om inwoners te kom besoek en te evalueer.

 

“Om die projek verder te belyn doen ons ‘n vriendelike versoek dat enige finansiële bydraes aan Helplift wat behulpsaam is met die administrasie van skenkings, oorbetaal word by : Helplift Network, ABSA Tjek Rekening, Takkode: 632005, Rek no: 409 4415 839 Verw: Huis Meyerton.

 

“Indien verkies kan ‘n direkte betaling in die Tehuis se rekening ook gemaak word by: Huis Meyerton, ABSA Tjek Rekening, Takkode:  632005 Rek no: 510 400 208, Verw: Naam en Donasie Covid19,” het Rossouw versoek.

Verpleegpersoneel van Huis Meyerton benodig vitamine aanvullings en persoonlike beskermende toerusting. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button